Nationale Angus veiling en skou
Onlangs is die Nasionale Kampioenskappe vir die Angus Beesras vir die heel eerste keer in die Wes Kaap gehou, naamlik te Moreesburg. Dit het beteken dat stoettelers van oor die hele land hierheen gereis het om hulle top-beeste teen mekaar te laat meeding. Vredenheim het met sy Senior bul "Vredenheim Nelson 2" met die louere weggestap deurdat dit as die Senior Raskampioen van die Rooi Angusse gekroon is.
Toe kom die Ras kampioene teen mekaar te staan - dus nou nie net die Angusse, maar ook Angus teen Simentaler, Santa Gertrudis, Sussex, Limousin, Hereford en Afrikaner en dis toe dat Vredenheim dit dubbeld maak deurdat Nelson aangewys is as Senior Interras kampioenbul van die skou. Bo en behalwe hierdie prestasie het Vredenheim ook die Reserwe Senior Kampioen koei gehad, was Vredenheim ook die Rooi Angusteler wat die meeste punte op die skou gekry het en het hy die Toekenning ontvang vir die teler van Kampioene vir Rooi Angus beeste.
Sep 12, 2009
Photos: 7