Ons arriveer in Munchen, in die midestad om 10am en soek koffie, maar ALLES is toe
Ons GPS teiken, en 'n baie goeie keuse so op Paula se instink. Net 1km van die ou stad.
Toe parkeer ons maar in die naaste parkeergarage en pak die strate
Ons eerste stop is 'n boekwinkel vir 'n kaart - en daar le^ Deon Meyer!
Op Frauenkirche se muur, grafskrif
Frauenkirche
Die duiwel se spoor
Alta en Paula op Marienplatz
Marienplatz na Neues Rathaus
Uber Alles das Deutsche Vaterland
Neues Rathaus
St Peter Kirche
Die heilige Mundita se bene!!
Op pad na die speelgoedmuseum in die Altes Rathaus
Barbie 50jaar
Barbie in die 40's
Die moeder van alle teddiebere! Sy was 'n parapleeg na rumatiekkoors
Die heel eerste teddies
Worse op die mark - 7 tipes wors in hierdie klein slaghuis
Mark op Marienhof plein
Die navigators moet ons terug by die kar kry.
Munchen op pad terug geneem uit die karvenster. Dit het liggies gesneeu!
Alles spierwit
Alta en Paula, formidabele reisgenote. Een bestuur en een navigeer.
Ons ry die 'scenic road' terug, ongelooflik mooi maar koud en grys en sneeuerig
Gasthaus op pad terug
Grens tussen Duitsland en Oostenryk op die GPS
Op pad terug na Innsbruck
Sneeu